Ons wil graag jonk tot oud by die Dienssentrum sien!
ALGEMEEN Dienssentrumtye is Dinsdae – Vrydae vanaf 09:30-12:30 vir navrae, inbetalings of om 'n lekker koppie tee te kom drink. Almal Welkom! Joan Ollewagen en Hannie Koch is bedags in beheeer van die Dienssentrum. Telefoonnomer: 028 316 1745
DONDERDAE
Week 1 om 10:00: Ons ontspan en speel speletjies soos Rummikub.
Week 2 – 4 om 10:00: Boekklub – Ons luister na 'n voorlesing.
Fliek: Eerste Donderdag van elke maand om 14:30 in die Moederskamer. Hou Hartklop dop vir inligting.
VRYDAE
Kolwyntjie Teetuin om 09:30-11:30. Kom drink 'n heerlike koppie koffie/tee en geniet die heerlikste eetgoed. Benut dit ook vir verjaardagpartytjies, vergaderings, wyke se funksies, ens. Reël vooraf met Siska Conradie (028 316 2109/082 762 2732).
Versorgers: Kontak Sr. Calitz (073 152 5623 ) Maandae tot Vrydae: 08:00-13:00 indien u 'n versorger/versorging benodig.
Spoelklippe uitstappies: Elke 3de Donderdag van die maand tensy anders aangedui op die Hartklop. Kontak Hannetjie (082 452 0780) of Marietjie (072 768 5468).